Thursday, 13 August 2015

Hoe om jou metabolisme vinniger te kry-Deel 2

"Hierdie is die tweede deel van 'n artikel waarna ons verlede week gekyk het.

Ons gaan aan om te kyk na die beste wenke oor hoe om jou metabolisme vinniger te kry:

Eet warm kosse
Kossoorte wat brand het chemiese stowwe in wat jou metabolisme aansienlik kan verhoog. Nie net is verskeie pepers soos rooipeper uitstekend wanneer jy gewig wil verloor nie maar dit is ook wonderlik vir jou hart. As jy nie van branderige kos hou nie kan jy sommer rooipeper in kapsule vorm koop en een pilletjie per dag drink.

Eet meer gereeld deur die dag
Jou metabolisme word stadiger tussen etes wanneer jy niks eet nie. Deur gedurig gesond te peusel kan jy jou metabolisme vinnig hou. Eet elke drie ure ietsie kleins. Dit sal seker maak dat jy aanhou kalorieë verbrand en interessant genoeg wys wetenskaplike studies dat mense wat gereeld peusel minder eet met groter maaltye so dit hoef nie te beteken dat jy in geheel meer eet nie.

Drink meer water
As jy gedehidreer is raak jou metabolisme stadig. Probeer twee liter water per dag drink sodat jou liggaam die nodige water het om kalorieë mee te verbrand. Eet vrugte wat natuurlik water bevat in plaas daarvan om te peusel aan kosse wat jou dehidreer soos brood.

Moenie jou kalorie inname verminder nie
Moenie dink dit gaan help om jou metabolisme vinniger te maak as jy minder kalorieë begin eet nie. 'n Groot probleem in dieet is dat wanneer jy begin om minder te eet dink jou liggaam daar is 'n voedsel tekort en jou metabolisme raak outomaties stadiger.Beheer jou leptien vlakkeLeptien is 'n baie interessante hormoon wat die liggaam se vet verbranding beheer. Hoë vlakke van leptien veroorsaak baie maklike gewigsverlies terwyl lae leptien vlakke jou metabolisme tot 'n slakkepas laat daal. Dit is ook baie keer vrouens se probleem. Indien jy vroulik is en graag na 'n dieet wil kyk wat help met die beheer van leptien vlakke kan jy hier gaan kyk. "


http://www.jonk.co.za/hoe-om-jou-metabolisme-vinniger-te-maak-deel-2


Tuesday, 4 August 2015

Dieet gids

Dieet gids

Dieet gids

Hier gee ons diëte en raad oor hoe jy kan gewig verloor en oefeninge doen om die beste jý te wees moontlik. Ons gee ook raad oor hoe om jou seks lewe so gesond en interessant moontik te hou en hoe om slegte gewoontes soos te veel rook en te veel drink af te lê.

Breek jou soettand se momentum


Baie keer word mens maar lus vir daardie stukkie sjokalde of lekkerny in die aand en dit kan mens nogal in die moeilikheid kry wat vet word betref. 'n Goeie manier om dit af te lê is om in plaas van die lekkers of poedings eerder 'n vrug of selfs 'n paar vrugte te eet. Kry daardie slegte suikers van jou brein af deur 'n lekker mangotjie of 'n paar aarbeie te eet. Jy eet ietsie lekkers en soets en tog is jou dieet nog veilig en jou magie sal nog mooi lyk in 'n bikini. Daar is ook baie minder kalorieë in vrugte as in die sjokolades wat jy op die rakke sien.

Kry 'n dieet buddy


Kry vir jou 'n vriend of vriendin met dieselfde dieet en fiksheid doelwitte as jy. Jou vriende moet jou opbou en jou nie van die wal af in die sloot in help nie. In vandag se lewe is goeie vriende partykeer skaars. Maar kyk maar rondom jou vir daardie mense wat opbou in plaas van afbreek. Ek ken 'n paar engele wat saam met my die pad wil stap en ook partykeer sukkel maar hulle hart is op die regte plek en hulle het ook goeie doelwitte. Saam kan julle oefen en selfs weekliks julle dieet kos voorberei.

Die drie top inkopie items wat jou sal help om gewig te verloor


Jy kan jou eie grootste vyand of eie grootste vriend wees in jou reis na 'n model lyfie. Deur jou inkopies reg te doen kan jy jouself uit die versoeking hou en jou dieet reis ontsettend vergemaklik.

Sorg dat jy konstant die volgende in jou mandjie sit:

Maak seker jy het balsamiese asyn om oor jou kosse te gooi en sommer alles te laat lekkerder proe. Dit is laag in kilojoules en proe rêrig fantasies. Dit help ook met goeie spysvertering.

Hou neute en sade altyd naby. Dit sorg dat jy vol bly en nie heeltyd hongerpyne kry nie. Dit beveg ook kanker en het genoeg proteïene en vesel in om jou energie te gee en hardlywigheid te beveg.

Lae vet jogurt is 'n lekker voel kos tipe. Nie net laat dit jou lekker voel nie maar dit versnel jou metabolisme en sit probiotiese organismes in jou dermkanaal wat help met vertering.

Twee dinge wat jou spiere kan help


Vat 'n ysbad na 'n harde oefensessie. Jy kan tussen 10 en 15 minute in die bad lê en dit sal jou spiere help om baie vinniger te herstel na stram fiksheid sessies. Jy kan 'n paar ysblokkies ingooi om jou dit so koud as moontlik te kry. Vir die fanatikuste onder ons kan jy 'n koue stort reg deur die winter vat. Nie net laat dit jou uitstekend voel nie maar jy verbrand vet en dit maak jou wakkerder is 3 sterk koffies.

As jy die geld het of 'n professionele atleet is kan jy een keer per maand 'n massering laat doen om nie net jou stres vlakke te verlaag nie maar jou spiere los en soepel te kry wat beserings help verhoed.




Friday, 31 July 2015

Komponente van 'n suksesvolle dieet plan

Hier word gekyk na 'n "presentation" van die vyf komponente van 'n suksesvolle dieet plan wat werklik resultate lewer.

Tuesday, 28 July 2015

Dalk is dit tyd vir bietjie dieet?

Dalk is dit tyd vir bietjie dieet?Mense wat 'n vlak van konstante en gesonde gewigsverlies bereik motiveer hulleself dikwels deur die voordele van 'n gesonde liggaam en leefstyl na te streef maar ook deur bewus te wees van die gevare en siektes wat gepaardgaan met oorgewig wees. Hier is 'n paar "nasties" wat jy wil verhoed deur 'n gesonde gewigsvlak te handhaaf wat gewoonlik 'n direkte gevolg is van vetsug en oorgewig wees:

● Hoë bloeddruk
● Kolestrol probleme
● Koronêre aar siektes
● Hartsiektes wat lei tot hardaanvalle
● Abnormale hardklop
● Tipe 2 diabetes
● Verskeie kankers
● Swak lewer
● Galstene
● Asma
● Arthritis
● Beroerte
● Slaap probleme (nie net vir jouself nie maar ook vir ander byvoorbeeld snork)


Die risiko om erge siektes of toestande te ontwikkel raak meer soos wat mense swaarder word. Nie net is dit onaantreklik nie maar dit is gevaarlik om te vet te wees. Oordink bietjie ernstig wat jy vir jou lewe en toekoms sal wil hê. Gesond of ongesond? Lelik of mooi? www.jonk.co.za




Wednesday, 24 June 2015

Hoe om gewig te verloor?

Hoe om gewig te verloor?Hierdie is die eerste artikel op hierdie webblad. My naam is Eldine en ek gaan hier wenke publiseer saam met die nuutste wetenskaplike ontdekkings oor hoe om gewig te verloor. Nie net om jou te help nie maar ook om myself te help. As iemand hierdie lees hoop ek dat jy dit kan gebruik en jy die pragtige lyf kan hou wat jy verdien.