Thursday 13 August 2015

Hoe om jou metabolisme vinniger te kry-Deel 2

"Hierdie is die tweede deel van 'n artikel waarna ons verlede week gekyk het.

Ons gaan aan om te kyk na die beste wenke oor hoe om jou metabolisme vinniger te kry:

Eet warm kosse
Kossoorte wat brand het chemiese stowwe in wat jou metabolisme aansienlik kan verhoog. Nie net is verskeie pepers soos rooipeper uitstekend wanneer jy gewig wil verloor nie maar dit is ook wonderlik vir jou hart. As jy nie van branderige kos hou nie kan jy sommer rooipeper in kapsule vorm koop en een pilletjie per dag drink.

Eet meer gereeld deur die dag
Jou metabolisme word stadiger tussen etes wanneer jy niks eet nie. Deur gedurig gesond te peusel kan jy jou metabolisme vinnig hou. Eet elke drie ure ietsie kleins. Dit sal seker maak dat jy aanhou kalorieë verbrand en interessant genoeg wys wetenskaplike studies dat mense wat gereeld peusel minder eet met groter maaltye so dit hoef nie te beteken dat jy in geheel meer eet nie.

Drink meer water
As jy gedehidreer is raak jou metabolisme stadig. Probeer twee liter water per dag drink sodat jou liggaam die nodige water het om kalorieë mee te verbrand. Eet vrugte wat natuurlik water bevat in plaas daarvan om te peusel aan kosse wat jou dehidreer soos brood.

Moenie jou kalorie inname verminder nie
Moenie dink dit gaan help om jou metabolisme vinniger te maak as jy minder kalorieë begin eet nie. 'n Groot probleem in dieet is dat wanneer jy begin om minder te eet dink jou liggaam daar is 'n voedsel tekort en jou metabolisme raak outomaties stadiger.Beheer jou leptien vlakkeLeptien is 'n baie interessante hormoon wat die liggaam se vet verbranding beheer. Hoë vlakke van leptien veroorsaak baie maklike gewigsverlies terwyl lae leptien vlakke jou metabolisme tot 'n slakkepas laat daal. Dit is ook baie keer vrouens se probleem. Indien jy vroulik is en graag na 'n dieet wil kyk wat help met die beheer van leptien vlakke kan jy hier gaan kyk. "


http://www.jonk.co.za/hoe-om-jou-metabolisme-vinniger-te-maak-deel-2


No comments:

Post a Comment