Tuesday 4 August 2015

Dieet gids

Dieet gids

Dieet gids

Hier gee ons diëte en raad oor hoe jy kan gewig verloor en oefeninge doen om die beste jý te wees moontlik. Ons gee ook raad oor hoe om jou seks lewe so gesond en interessant moontik te hou en hoe om slegte gewoontes soos te veel rook en te veel drink af te lê.

Breek jou soettand se momentum


Baie keer word mens maar lus vir daardie stukkie sjokalde of lekkerny in die aand en dit kan mens nogal in die moeilikheid kry wat vet word betref. 'n Goeie manier om dit af te lê is om in plaas van die lekkers of poedings eerder 'n vrug of selfs 'n paar vrugte te eet. Kry daardie slegte suikers van jou brein af deur 'n lekker mangotjie of 'n paar aarbeie te eet. Jy eet ietsie lekkers en soets en tog is jou dieet nog veilig en jou magie sal nog mooi lyk in 'n bikini. Daar is ook baie minder kalorieë in vrugte as in die sjokolades wat jy op die rakke sien.

Kry 'n dieet buddy


Kry vir jou 'n vriend of vriendin met dieselfde dieet en fiksheid doelwitte as jy. Jou vriende moet jou opbou en jou nie van die wal af in die sloot in help nie. In vandag se lewe is goeie vriende partykeer skaars. Maar kyk maar rondom jou vir daardie mense wat opbou in plaas van afbreek. Ek ken 'n paar engele wat saam met my die pad wil stap en ook partykeer sukkel maar hulle hart is op die regte plek en hulle het ook goeie doelwitte. Saam kan julle oefen en selfs weekliks julle dieet kos voorberei.

Die drie top inkopie items wat jou sal help om gewig te verloor


Jy kan jou eie grootste vyand of eie grootste vriend wees in jou reis na 'n model lyfie. Deur jou inkopies reg te doen kan jy jouself uit die versoeking hou en jou dieet reis ontsettend vergemaklik.

Sorg dat jy konstant die volgende in jou mandjie sit:

Maak seker jy het balsamiese asyn om oor jou kosse te gooi en sommer alles te laat lekkerder proe. Dit is laag in kilojoules en proe rêrig fantasies. Dit help ook met goeie spysvertering.

Hou neute en sade altyd naby. Dit sorg dat jy vol bly en nie heeltyd hongerpyne kry nie. Dit beveg ook kanker en het genoeg proteïene en vesel in om jou energie te gee en hardlywigheid te beveg.

Lae vet jogurt is 'n lekker voel kos tipe. Nie net laat dit jou lekker voel nie maar dit versnel jou metabolisme en sit probiotiese organismes in jou dermkanaal wat help met vertering.

Twee dinge wat jou spiere kan help


Vat 'n ysbad na 'n harde oefensessie. Jy kan tussen 10 en 15 minute in die bad lê en dit sal jou spiere help om baie vinniger te herstel na stram fiksheid sessies. Jy kan 'n paar ysblokkies ingooi om jou dit so koud as moontlik te kry. Vir die fanatikuste onder ons kan jy 'n koue stort reg deur die winter vat. Nie net laat dit jou uitstekend voel nie maar jy verbrand vet en dit maak jou wakkerder is 3 sterk koffies.

As jy die geld het of 'n professionele atleet is kan jy een keer per maand 'n massering laat doen om nie net jou stres vlakke te verlaag nie maar jou spiere los en soepel te kry wat beserings help verhoed.




No comments:

Post a Comment